Napha supports planned ban on hunting photos
Human rights attorney: Issue more complex
Ronelle Rademeyer
The Namibia Professional Hunting Association (Napha) is in favor of the planned legislative amendment that will prohibit photos on hunters with their prey prints, put on social media.
Me. Danne van der Westhuyzen, president of Napha, said on inquiry they welcome the Minister of Environment and Tourism, Mr. Pohamba Shifeta, announcement of the ban on prohibition.
"The minister really wants to protect the hunting industry," she responded.
Shifeta had earlier this week during the launch of the revised policy about the management of human-animal conflict said the placement of such pictures will to be banned soon.
He said the ministry was working on the Nature Conservation Ordinance, no. 4 of 1975. Offenders who placed them on such photos guilty will be punished.
According to him, all those who violate will be prosecuted, "especially those with hunting - permits that boast by posting photos of dead animals to social media after hunted them in conservation areas, "according to a report Nampa.
Van der Westhuyzen says Napha's position has always been about the experience of hunting in Namibia and emphasizing the experience of the country. "To pull the trigger is one percent of the hunting experience. The photo and trophy that the
hunting home is a personal reminder of the experience he had in our country. We encourage our members to make sure that those photos are kept private and not on social media. "
According to her, hunting pictures generate negative emotions in humans and create global opposition to the hunting industry. "People out there
do not understand the value of our wildlife and why trophy hunting is such a big asset to the country, "she said.
Van der Westhuyzen also thinks too many hunters are looking forward and want to boast with the sizes of horns. "The Namibian hunting industry want to bring the message home that the real animal is the one who can not contribute more productively to the improvement of a herd. It's not about the measures. "
Shifeta pointed out the placement of these pictures is a misrepresentation of what hunting in Namibia entails. "I'm through the Namibian constitution legally However, it is immoral to place such pictures. People can take the pictures for themselves, but not to putting it on social media, "he said.
A human rights attorney who spoke Republican agrees that the pictures are "horrible and loathing".
Mr. Norman Tjombe believe however the issue is much more complex than that "To allow hunting but to ban the photographs, doesn't agree. The minister's intention makes sense, but it is not that simple.
"The hunting of animals as a sport is already problematic and is becoming more and more as the numbers of rare animals are less as well as illegal trade in horns and skins, "says Tjombe.
The original version in Afrikaans below:
Napha steun beplande verbod op jagfoto's
Menseregteprokureur: Kwessie meer kompleks Ronelle Rademeyer Die Namibië Professionele Jagvereniging (Napha) is ten gunste van die beplande wetswysiging wat dit verbode sal maak om foto's waarop jagters met hul prooi pryk, op sosiale media te plaas.
Me. Danene van der Westhuyzen, president van Napha, het by navraag gesê hulle verwelkom die minister van die omgewing en toerisme, mnr. Pohamba Shifeta, se aankondiging oor die voorgenome verbod.
“Die minister wil hiermee juis die jagbedryf beskerm,” was haar reaksie.
Shifeta het vroeër die week tydens die bekendstelling van die hersiene beleid oor die bestuur van mens-dier-konflik gesê die plasing van sulke foto's sal binnekort verbode wees.
Hy het gesê die ministerie is besig om die Natuurbewaringsordonnasie, nr. 4 van 1975, te wysig. Oortreders wat hulle aan die plasing van sulke foto's skuldig maak, sal gestraf word.
Volgens hom sal almal wat oortree, vervolg word, “veral diegene met jag - permitte wat spog deur foto's van dooie diere op sosiale media te plaas nadat hulle in bewaringsgebiede gejag het”, was sy woorde volgens 'n berig deur Nampa.
Van der Westhuyzen sê Napha se standpunt was nog altyd om die ervaring van jag in Namibië en die belewing van die land te beklemtoon. “Om die sneller te trek, is een persent van die jagervaring. Die foto en trofee wat die jagter huis toe neem, is 'n persoonlike herinnering aan die ondervinding wat hy in ons land gehad het. Ons moedig ons lede aan om seker te maak daardie foto's word privaat te hou en nie op sosiale media geplaas nie.”
Volgens haar ontlok jagfoto's negatiewe emosies by mense en skep wêreldwye teenkantig teen die jagbedryf. “Mense daar buite verstaan nie die waarde van ons wildlewe en waarom trofeejag so groot bate vir die land is nie,” sê sy.
Van der Westhuyzen meen ook te veel jagters jaag mates na en wil met die groottes van horings spog. “Die Namibiese jagbedryf wil die boodskap tuisbring dat die regte dier dié een is wat nie meer produktief tot die verbetering van 'n kudde kan bydrae nie. Dit gaan nie oor die mates nie.”
Shifeta het daarop gewys die plasing van hierdie foto's is 'n wanvoorstelling van wat jag in Namibië behels. “Jag word deur die Namibiese grondwet gewettig. Dit is egter immoreel om sulke foto's te plaas. Mense kan die foto's vir hulself neem, maar nie om dit op sosiale media te plaas nie,” het hy gesê.
'n Menseregteprokureur met wie Republikein gepraat het, stem saam dat die foto's “afskuwelik is en weersin wek”.
Mnr. Norman Tjombe meen eger die kwessie is veel meer kompleks as dit. “Om jag toe te laat, maar die foto's daarvan te verbied, strook nie. Die minister se bedoeling hiermee maak sin, maar dit is nie so eenvoudig nie.
“Die jag van diere as 'n sport is reeds problematies en gaan toenemend meer so raak namate die getalle van skaars diere minder word, asook weens die onwettige handel in onder meer horings en velle,” sê Tjombe
Source:
https://www.republikein.com.na/nuus/napha-steun-beplande-verbod-op-jagfotos2018-07-04/